Die nuus swiep deur die wêreld met die spoed van ’n gholfbal: Tiger Woods gaan praat. Uiteindelik – ’n volle 84 dae ná sy veelbesproke botsing teen ’n brandkraan buite sy huis.

Kort ná 18:00 Suid-Afrikaanse tyd op Vrydag 19 Februarie begin hy praat. Toe hy ’n skrale 15 minute later stert tussen die bene deur die swaar, blou gordyne verdwyn, vra miljoene mense dieselfde vraag: Wat was dít nou eintlik?

Tiger het beslis die regte geluide gemaak: ‘‘Ek was ontrou. Ek het affairs gehad….