Dis al weer die ou rympie: Seks is sonde. Of liewer, as jy nie dié en daardie reëls volg nie, dan is seks die ding wat jou in die verderf gaan dompel. Seks, sê die bekende Pretoriase Christen-seksoloog Elmari Craig, behoort binne ’n veilige raamwerk te gebeur, maar vergeet gerus maar daarvan dat een stel reëls binne daardie raamwerk vir almal sou geld.

Dis waarom Elmari se oë gerek het oor wat Gretha en Francois Wiid alles in Huisgenoot oor seks kwytgeraak het. ‘‘Ek het ’n problem…