Waarheen is die leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, nou eintlik op pad? Die politieke ontleder, joernalis en skrywer van verskeie boeke Max du Preez gee sy mening:

Een van Julius Malema se adjudante het onlangs vir my gesê Malema sal binne 15 jaar die ANC en die land regeer. Pres. Julius Malema? Die tyd is aan sy kant. Op 3 Maart word hy maar 29 jaar oud. Is Suid-Afrika se Mandela-droom besig om in ’n Malema-nagmerrie te ontaard?

Ons moet aanvaar hy is nie ’n vlietende…