OMNIBUS 4 deur Chanette Paul *** (Jasmyn-Uitgewers, R175)

“Ek het jou voorheen liefgehad, maar daarna het my liefde vir jou honderd maal vermenigvuldig.” So staan dit agterop hierdie dikke omnibus. Dis soos ’n belofte aan die leser dat die liefde die middelpunt is van die drie verhale. En so is dit dan ook in Perlemoen-maan, Toorliefde en Fynbos vir ’n Feeks. Die heldinne – Belle, Chantal en Nianne – se lewens is goed op dreef tot daar in elk se lewe ’n man opdaag. Dis nog nie ’n…