Party mense noem dit fokus. Hy noem dit ritme. Noem dit wat jy wil – dit is daardie ou ding wat al 20 jaar lank by Okkert Brits (36) ingedril is en reeds in die eerste minute op die Survivor-eiland iets in sy kop laat kliek het.

Hy het oor en oor stil begin tel: een-twee-drie, een-twee-drie, en siedaar! Voor jy kon sê Santa Carolina, was dié oud Olimpiese paalspringer met krat en al oor die duine. ‘‘Ek was nog besig om so te tel toe sien ek ek is los voor en eerste op die strand. En…