Vandag was die swaarste dag van haar lewe, en die ellende is nog lank nie verby nie. Susan Lemmer, ma van Cézanne Visser, sit in die Pretoria-Oos-hospitaal, nou amper abnormaal kalm nadat sy vroeër vanmiddag by die hooggeregshof breekpunt bereik het.

Ná nege jaar van foltering waarin Cézanne voor haar oë in ’n seksmisdadiger verander het, het dit vanmiddag alles net een te veel geraak. Wat sê jy wanneer jou kind jou vertel dat haar minnaar haar gedwing het om sy ontlasting te eet en…