Hy leun ontspanne agteroor in die stoel, tevrede, soos iemand wat pas iets ouliks reggekry het. ’n Groot glimlag speel oor sy gesig en sy oë vonkel.

Pedrie Wannenburg mag maar soos die kat se snorbaard lyk. Dié Blou Bul-voorspeler het pas slegs die tweede Suid-Afrikaner nog geword wat al in 100 wedstryde vir sy Super14-span uitgedraf het. Die enigste ander, die Sharks se John Smit, het hom boonop net met enkele ure geklop.

Des te merkwaardiger is sy prestasie as jy onthou dat talle…