Die Heinz Winckler wat tuis op sy stoep sit, lyk baie anders as die skaam-onseker jong man wat ons as Idols-wenner leer ken het. Hy is meer volwasse, straal selfvertroue uit en glimlag soos ’n kat wat room gekry het.
Dit kan ook nie anders nie, want vanjaar hou groot dinge vir die aantreklike sanger in. Waar hy verlede jaar maar net die Idols-koning van 2002 was wat later ’n CD opgeneem het, het sy loopbaan – en lewe – skielik nuwe woema gekry.
Nie net het Heinz (32) weer ’n…