Dit was soos ’n Aspoestertjie-verhaal: die brandarm, doofstom egpaar wat in ’n agterplaas in ’n tuinhuisie bly en skielik Suid-Afrika se rykste kitsmiljoenêrs word toe hulle R91 miljoen in die Powerball-loting losslaan.
En toe, op dag vier van die feëverhaal, stort dit in duie. Dit was net ’n bedrogspul. Stanley Philander het sy kaartjie die dag ná die loting gaan koop, glo om op grond van sy “rykdom” ’n lening by ’n bank te kry. Maar dinge het geboemerang en nou is hulle steeds…