KONDENSMELK deur Christien Neser *** (Lapa-Uitgewers; R80)

Elle hou saam met haar ma-hulle vakansie in Botswana. Behalwe, sy noem dit nie vakansie nie, want daar is geen selfoonontvangs nie, sy haat sand in haar plakkies en die twee seuns van haar ouers se vriende is “walglike chauviniste” met ’n “plattelandse arrogansie”.

“Hulle is pynlik retro, iets uit ’n soetsappige 50’s comic,” is min of meer die gaafste ding wat sy van Divan en Alex kan sê. As Elle toe gedink het dit gaan…