Bekendes wat dit nie maklik gehad het nie
Selfs die suksesvolste mense moes êrens begin, dikwels met net ’n droom.
CHRISTINA AGUILERA
Christina se pa het haar, haar ma en suster fisiek mishandel en die polisie moes dikwels ingryp as die huishoudelike rusies handuit geruk het. Sy is ook op skool geterg omdat sy in plaaslike talentkompetisies gesing het. Nou laat haar CD’s miljoene inrol.
JIM CARREY
Toe hy in gr. 10 was, het hy die skool verlaat en as skerpskertser in ’n plaaslike…