Sy is die ster van die boeiende nuwe drama The Lovely Bones wat nou in fliekteaters draai. Lees meer oor die opkomende Ierse aktrise Saoirse Ronan.

Haar pa, Paul Ronan, is ’n akteur en toe die 15-jarige Saoirse jonger was, het hy haar saamgeneem na rolprentstelle soos dié van The Devil’s Own, waarin Brad Pitt ook gespeel het.

Jy sal haar dalk onthou as Briony Tallis wat in 2007 teenoor Keira Knightley in die fliek Atonement gespeel het. Sy is benoem vir ’n Oscar vir haar spel in…