Die hitte van 43 °C sidder op die teer van die N2 van Kaapstad op pad Oos-Kaap toe. “Die Tuinroete is aan die verlep,” merk ’n mede-reisiger by die vulstasie by die Stormsrivierbrug op. “Een van die dae skuif die Karoo van agter die berg af hierheen.”

Die ergste in menseheugenis – so beleef inwoners die droogte in die Suid-Kaap. In rampgebiede soos Mosselbaai, George, Knysna en Plettenbergbaai praat hulle van die laagste reënvalsyfer wat nog aangeteken is. Die Weerdiens waarsku die…