VERLANG NA HAAR KIND SE PA
Ek is ’n 25-jarige enkelma van twee seuntjies van vyf en ses jaar oud. Hulle het nie dieselfde pa nie. Albei pa’s het my gedurende my swangerskappe bedrieg en ek het die verhoudings beëindig. Ná my jongste seuntjie se geboorte het ek al twee pa’s weer ’n kans gegee, maar dit het nie uitgewerk nie.
Ek het geen kontak met die pa’s nie en voorsien self in my kinders se behoeftes. Die oudste kind se pa het ons al kom besoek, maar net wanneer sy verhoudings…