ALEXA OP DIE PLANKE
Die Kamp Dit Uit-aanbieder Alexa Strachan het besluit om eers die televisie vir die verhoog te verruil. Ná die laaste opname van dié kykNET-reeks het sy aan Vergenoeg, ’n nuwe musiekteaterproduksie, begin werk wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn te sien sal wees. ‘‘Ek werk saam met Sandra Prinsloo en Milan Murray, en ons begin oor twee weke met repetisies,’’ het sy vertel. Wanneer sy tussendeur ’n kansie kry, staan sy voor die kospotte vir…