Gretha Wiid is die toonbeeld van ’n moderne, modieuse vrou. En manlief Francois pas perfek aan haar sy met sy gejelde hare en bonkige juweliersware.

Sy skroom nie om woorde soos seks, masturbasie en orgasme te gebruik nie – sy verdien immers haar brood met praatjies, met handleidings wat sy oor seksopvoeding skryf en met die verkoop van DVD’s oor onder meer die huwelik. Maar Gretha is terselfdertyd ’n vrou wat nege jaar gelede tot bekering gekom het, destyds op die rand van…