Dit is net voor vyfuur op ’n Dinsdagoggend en Karel de Haas is op pad na sy werk op Ingogo in KwaZulu-Natal. Hy het diesel gaan ingooi toe ’n werker nader storm en sê die huis op die hoewe oorkant die grootpad is aan die brand.
Oomblikke later staan Karel (29) versteen in ongeloof voor die Hope in Christ Mission se plek van veiligheid. Vlamme lek by die sitkamer- en kombuisvensters uit. ’n Vrou hardloop met haar baba om die huis. En bo die geknetter van die vlamme klink die…