Daar is baie soorte trusts, soos liefdadigheids-, sake-, sambreel- en voogdytrusts. Die twee bekendstes is familie- en testamentêre trusts. Eersgenoemde, ook bekend as inter vivos-trusts, word gestig as die persoon wat bates soos eiendom of geld in ’n trust wil plaas, nog lewe, terwyl laasgenoemde eers in werking tree nadat hy gesterf het.
Bates wat in ’n familietrust geplaas word, is gewoonlik vaste eiendom en aandele. Die waarde van dié bates styg gewoonlik die vinnigste en word…