Dis die première in Los Angeles van Invictus. In ’n limousine sit sewe jong mans. Hulle hou langs die rooi tapyt stil, en met die oopswaai van die deure is dit net kameras wat flits.
Dan klink ’n bekende wysie op. Dis hul stemme! Die woorde van die liedjie 9 000 Days bring ’n skielike kalmte.
Die liedjie is van die klankbaan van Invictus, trefferfliek oor Madiba en die Wêreldbeker-rugby-eindstryd van 1995, en dié einste Gautengers sing nie minder nie as nege van die fliek se 18…