Zef verby. Dis hulle – en dis wat hulle nou kits-kultusstatus besorg het tot in Engeland, Europa en Amerika.
Die Antwoord het nog nie ’n enkele CD verkoop nie, die meeste Afrikaanse musiekmense het nog nooit van hulle gehoor nie en Afrikaanse musiekliefhebbers nog minder. Tog het hulle oornag ’n fenomeen geword – ’n kletsrymtrio wie se musiek soos ’n virale infeksie oor die internet versprei.
Enter the Ninja, een van Die Antwoord se musiekvideo’s, het al meer as 480 000 trefslae…