Die mannetjie is skaars ses weke oud, maar Jak de Priester is oortuig daarvan dat hy reeds versot is op musiek. En geen wonder nie, want klein Jamie het met musiek in sy ma se maag gegroei en met musiek in die wêreld gekom.
Tydens haar swangerskap het dié gewilde Afrikaanse sanger se vrou, Michelle, van hul gunsteling-liedjies op haar iPod gelaai en byna daagliks die oorfone teen haar maag gedruk sodat Jamie kon luister.
Michelle en Jak het ook ’n CD gemaak met ’n musiekmengsel…