Dié heerlike quiche het ’n spesifieke olyfsmaak, maar die soet rooiuie balanseer dit lekker. Dis genoeg vir 4-6 mense. Die bereidingstyd is 15 minute, staantyd 30 minute en gaarmaaktyd 45-60 minute.

DEEG: 200 g koekmeel; 5 ml (1 t) sout; 100 g botter, in blokkies gesny; 30-40 ml yswater. VULSEL: ’n bietjie olie; 2 rooiuie, fyn gekap; 2 knoffelhuisies, fyn gekap; sout en vars gemaalde swartpeper; sowat 20 swart olywe, ontpit; 1 geel soetrissie, in repies gesny; 250 g roomkaas; 100 ml…