Sy lyk soos enige ander kleuter toe sy glimlaggend voor hul huis in Jodhpur, Indië, vir die kamera poseer. Dis net wanneer Lakshmi Tatma stap dat jy agterkom haar bene is nogal ver van mekaar af en sy is effe onvas op haar voete.
Twee jaar gelede nog was Lakshmi, toe twee jaar oud, wêreldwyd bekend as die seekatmeisie. Die meisie met vier bene en vier arms word deur baie van haar landgenote as ’n godin beskou.
Haar ekstra ledemate, die oorblyfsels van ’n onderontwikkelde…