SOMERSNEEU deur Helene de Kock ***** (Human & Rousseau, R175)

Met die byna 40 boeke wat Helene de Kock in die afgelope meer as 30 jaar geskryf het, het sy, soos die cliché lui, “diep in lesers se harte gekruip”. En soos die meeste clichés is dit die waarheid. Miskien is Helene se geheim dat sy nie haar lesers onderskat deur te aanvaar die liefdesverhale moet noodwendig in die Mills & Boon-styl wees nie.

In Somersneeu, haar nuwe roman, gaan dit oor die struikelblokke wat in die pad…