December 2009
47 posts
Sedert haar lewe in duie gestort het en banieropskrifte wêreldwyd haar huweliksprobleme uitbasuin, het die beeldskone Sweedse blondine nog geen woord daaroor in die openbaar gerep nie. Terwyl Tiger Woods veg om sy loopbaan en huwelik te red, het sy vrou stil-stil by haar ma en tweelingsuster gaan troos soek. Maar moet Elin Nordegren nie onderskat nie – sy is taaier as wat sy lyk.
Die wêreld het...
Dit klink amper te bisar om waar te wees, maar dit is waar: In Suid-Afrika stap ’n man rond met ’n stewige stuk van sy skedel in sy borsholte.
Op die 24-jarige Viarshan Naidoo se kop is ’n kaal kol waar die stuk skedel uit is, en op sy maag ’n reuse, geswolle letsel waar dit toe weer in is. ’n Lêer vol mediese verslae en hospitaalrekeninge vertel die verhaal van hoe dokters in Maart vanjaar ná...
TE DUUR VIR MY
’n Jong man kom by ’n baie gesogte en peperduur restaurant aan en nader die hoofkelner. ‘‘Neem hierdie R50.’’
Die hoofkelner steek die geld in sy sak en sê: ‘‘Ek aanvaar u wil ’n tafel bespreek?’’
Maar die jong man skud sy kop en sê: ‘‘Nee, ek gaan vanaand met ’n jong dame hier aankom. Dan verwag ek jy moet vir my sê dat al die tafels vol is. Dan kan ek haar na ’n goedkoper...
Sy was nog ’n student toe Nicole Flint hoor Jacaranda FM bied ’n proeflopie vir radiowerk. Toe stuur sy ’n e-pos en in die onderwerpreël tik sy in hoofletters: “Moet asseblief, asseblief, asseblief nie uitvee nie …”
Dié vurige wil om te wen het haar ’n pos as die omroeper Darren Scott se assistent besorg – en was dit nie daarvoor nie, was sy heel moontlik nie vandag die nuwe Mej....
Dit was gewis ’n sporthoogtepunt van die jaar en tekenend van die kragrugby, kliniese aanslag, goeie besluitneming en selfvertroue wat Suid-Afrika vanjaar elke trofee wat saak maak, besorg het: Jaque Fourie kry die bal in die tweede, deurslaggewende Loftus-toets teen die Britse en Ierse Leeus …
Jaque, een van die beste afronders ter wêreld, weet daar’s skaars ses minute oor en dis nóú wen...
MARIA deur Jaco Thom **** (Carpe Diem, R119,95)
Die ondertitiel verduidelik waaroor hierdie boek gaan: Die ma van God se Seun … en die pad wat sy moes stap.
Jaco Thom is onder duisende lesers bekend vir sy Bybelfiksie waar hy die bekende verhale vervleg met die leefgewoontes van daardie tyd. So maak hy die ou geskiedenis vir die leser soveel meer verstaanbaar. Van sy nuutste Bybelroman...
Haar lewe begin deesdae ál meer na ’n sepie klink – dit ry wipplank tussen euforiese hoogtepunte en verpletterende laagtepunte, met weinig rus en stilte tussenin.
Selfs wanneer Hunter Tylo saans op die stel van The Bold and the Beautiful dr. Taylor Forrester groet en huis toe gaan, wil die drama in haar lewe maar net nie end kry nie.
Haar TV-karakter het al ’n hele rits mislukte romanses agter...
Waar was jy? Op dáárdie dag. 24 Junie 1995, toe die Bokke die eerste keer die Wêreldbeker gewen het?
Met die fliek Invictus wat nou hier draai – oor die spannende dag wat so baie gedoen het om Suid-Afrika te verenig – het ons gewonder wat julle van 24 Junie 1995 onthou. En die honderde briewe wat by ons opgedaag het, spreek van heerlike herinneringe vol nasietrots en hoop vir die toekoms.
“Dit...
WIL NET GLO GESELS
Ek en my vriend woon al vier jaar saam. Ek het hom deur ’n geselsnetwerk ontmoet. ’n Jaar gelede het ek sy foon in die hande gekry en agtergekom hy gesels met ander meisies. Daar was ’n stryery en hy het beloof hy sal dit nie weer doen nie. Maar net verlede week kry ek weer sy selfoon in die hande, en hy is al weer besig om met ander vroue te gesels.
Dit maak my seer, want...
Teen ’n marmertrap op, agter ’n swaar houtdeur, heers ligte paniek. Die bruid is gereed, haar hare en grimering volmaak. Maar die bruidegom … wel, hy is laat.
Sarah-Kate Seaward tel haar foon op. ‘‘Babe, waar is jy?’’ gil sy. ‘‘Van wanneer af wag die bruid vir die bruidegom?’’
Op daardie oomblik kom Darren Scott ingehuppel met ’n breë glimlag op sy gesig en ’n vlootblou pet op sy kop –...
Toe die polisie hom kom haal oor die moord op sy vrou, kon hy sy twee jong kinders nog vir oulaas gaan groet. “Liewe Jesus het gesê ek moet Mamma doodmaak,” het Martin “Tracer” Dippenaar verduidelik …
Sewe weke tevore, skuins voor vyf die oggend, het die telefoon in sy skoonma se huis op Hopetown in die Noord-Kaap gelui. “Hallo, Ma, ek bel net om te sê jou dogter is dood.”
Haar skoonseun...
Op TV en die internet is daar deesdae dikwels aanbiedings van lewenspolisse wat sommer per telefoon of aanlyn bestel kan word. Dis ’n tendens wat van oorsee af oorwaai en ál meer in Suid-Afrika gesien word.
Terwyl lewensversekering ’n belangrike faktor in jou finansiële beplanning is, waarsku kenners dat sulke kopies nie so eenvoudig is soos om kruideniersware of DVD’s aanlyn te bestel nie.
’n...
Nog nooit het ’n bruidspaartjie ’n see van gaste so verras soos die aand met Altus van 7de Laan se troue nie.
Vergeet maar eers van haar pragtige uitrusting van chiffon en kant, eenvoudig en treffend. En van haar vier mooi strooimeisies, elk in ’n unieke rok wat spesiaal net vir haar ontwerp is. En van die mans se snyerspakke van wol van haar pa se plaas wat deur Carducci gemaak is.
Vergeet...
Voorblad
Ons is sowaar aan die einde van die jaar – en deesdae is een van die vaste feestyd-rituele van menige Suid-Afrikaner die volledige uitsending van Huisgenoot-Skouspel op kykNET. Vanjaar beplan Skouspel-geesdriftiges weer eens hul Oujaarsaandpartytjies rondom dié hoogtepunt – of jy nou een van die 40 000 mense was wat Skouspel 10 by Sun City bygewoon het, of een van die derduisende...
Genoeg vir 6 mense. Bereiding: 20 minute. Gaarmaaktyd: 3-4 uur.
BESTANDDELE: 250 g streepspekvleis, swoerd verwyder en in stukke gesny; 30 ml (2 e) olyfolie; 1,5 kg stowebeesvleis, in blokkies gesny; 3 wortels, in dik ringe gesny; 1 ui, gesny; sout en peper na smaak; 75 ml (5 e) koekmeel; 625 ml (2½ k) volronde jong rooiwyn; 375 ml (1½ k) beesvleisaftreksel; 100 ml tamatiepasta; 3...
ʼn Vrou het hom ’n appel in die hand gestop, en ’n man het hom eendag ’n opgevoude R100-noot gegee. Nog een R12. Maar al was dié meevallers welkom, was dit nie die eintlike rede waarom Leon Kämmerling die desperate besluit geneem het om op ’n besige straathoek by die Menlyn-inkopiesentrum in Pretoria te gaan stelling inneem nie.
Leon wou werk hê, nie geld nie. ’n Vaste werk – iets waarna hy al...
TE VEEL FEITE
Karel se seun sê hy wil vir sy pa iets vra. Hy wil hom oor die een of ander “vroulike feit” uitvra.
“Nou hoekom vra jy nie jou ma nie?” wil Karel weet.
Waarop sy seun antwoord: “Omdat ek nie só baie daaroor wil weet nie!”
LINDA VAN HEERDEN, E-POS
MAAK ONTBYT
Die ryk man kom eendag teen sonop eers tuis ná ’n aandjie se poker. Om sy bas te red, sluip hy stil-stil die huis...
Kaley Christine Cuoco (24) het bekendheid verwerf met haar rol as Bridget Hennessy in die sitkom 8 Simple Rules, maar haar jongste rol het van haar een van TV se nuutste lieflinge gemaak.
Op net 18 maande het sy al in TV-advertensies begin verskyn en vir ’n groot deel van haar jeugjare was Kaley aan die rondreis vir oudisies. In haar vrye tyd was sy meestal op die tennisbaan – sy het op drie al...
Vroegdag word die plaaslyne warm gebel. Die nuus versprei soos ’n veldbrand: ’n Vreemde Vlieënde Voorwerp het naby Ventersdorp geland.
Binne minute drom nuuskieriges voor die boer se plaashek saam. ’n Buitelandse TV-nuusspan, ’n fotograaf, ’n joernalis en gewapende polisiebeamptes is daar – gereed vir aksie.
Op die plaas buite Ventersdorp is dit ’n hele bedrywigheid. ’n Ruimteskip het sowaar...
COOKED IN AFRICA deur Justin Bonello **** (Penguin, R300)
Cooked in Africa is veel meer as ’n kookboek; dis ’n liefdesverhouding met Suider-Afrikaanse kos, mense en kultuur en die majestueuse landskap van hierdie stuk van die vasteland. Justin Bonello, aanbieder van die BBC-leefstyl-kosprogram Cooked, beskryf homself as ’n “entoesias van die lewe” en glo die sleutel tot ’n goeie lewe kry ’n...
Masels het hom kort voor sy troue platgetrek, maar die sexy dokter Gareth Tjasink het gou genoeg aangesterk om voor die kansel te staan. En moenie dink die voormalige Survivor-finalis steur hom aan bygelowe oor die groot dag nie. Katharine Fisher het geen oomblik gehuiwer om haar bruidegom se raad oor die trourok te vra nie. ‘‘Sy het gesê ons troue is die belangrikste dag in haar lewe en ek is...
Geld vir blink goed soos Kersbome en mooi toegedraaide feestyd-presentjies was daar nooit in hul armoedige huisie op Kalbaskraal naby Malmesbury waar Adriaan Andrew woon nie. En later, toe dit nodig word, ook nie vir kunsbene en ordentlike rolstoele nie …
Die lewe het die 12-jarige seuntjie en sy mense nog nooit met ’n oop hand behandel nie. En drie jaar gelede toe ’n trein albei sy bene...
MAN SLAAN HAAR NIE MEER NIE
Ek moet ’n geseënde vrou wees, want ek en my man het al ons huweliksprobleme oorkom. Vyftien jaar gelede het my man my geslaan en verkul met ’n ander vrou. Toe ek dit uitvind, is ek summier van hom geskei. Die egskeiding was hel, want ek was steeds lief vir hom. ’n Jaar later het ek weer by hom ingetrek om te kyk of hy werklik verander het. Ons is ná ’n proefjaar...
Is die feestyd, ’n tyd vir samesyn met familie en vriende, vir eet en drink, en gee en ontvang – ook vir die akteurs wat die Forrester-familie en die res van The Bold and the Beautiful se karakters uitbeeld.
Ons het ’n paar van die mense wat ons jaar ná jaar voor ons skerms vasgenael hou, opgespoor en oor Kersfees en hul planne daarvoor uitgevra. En almal was heel gewillig om daaroor te gesels,...
Die stofdampe dwarrel al weer hoog die lug in in ’n splinternuwe herrie binne die NG Kerk: die kwessie van paartjies wat voor die huwelik saamwoon.
Die nuus dat die kerk ’n nuwe studie oor saamwoonpaartjies gaan doen, het behoudendes soos ’n bom getref en ’n vloedgolf van protes ontlok – want saamwoon beteken natuurlik ook seks voor die huwelik.
Saambly buite die huwelik is onbybels en sonde,...
Absoluteopbrengs-fondse is dikwels in die nuus, maar verbruikers het heelparty vrae daaroor – soos of dit werklik altyd ’n opbrengs lewer en presies hoe dit werk.
Dié fondse is daarop ingestel om inflasie te klop sodat jou belegging dus meer as inflasie sal groei. Presies hoeveel beter dit op medium-termyn – sowat drie tot vyf jaar – en oor langer tydperke sal wees, verskil van maatskappy tot...
Dis die volmaakte dag vir ’n somermakietie en die son skitter in ’n wolkelose hemel hier waar ses vriende saamtrek vir ’n middag van lekker eet en lekker kuier. Dit is ’n heerlike vroeë viering van die feestyd ná wat vir die eregas, Jeremy Mansfield, ’n moeilike jaar was.
Maar dit is geen gewone Kersmiddagete wat vandag voorgesit word nie. Vergeet van kalkoen en ham – trouens, daar is glad nie...
Die twee aantreklike vroue sit langs mekaar op die rusbank en handjies vashou, smoorverlief en baie ingenome dat hulle met Huisgenoot gesels. Want was dit nie vir dié tydskrif nie, sou hulle dalk vandag nog mans gewees het. In albei se lewe was ’n Huisgenoot-artikel die sleutel wat hul ware identiteit help ontsluit het. En nou, hoop hulle, doen hulle s’n dalk dieselfde vir ander. Dit was in...
Die blondekop-meisietjie lag uitbundig toe die Kersklapper aan stukke spat. Haar pa help haar om die presentjie te soek wat nou êrens op die grasperk beland het, maar sy verloor belangstelling die oomblik toe sy die silwer papierkroon op die gras sien lê.
‘‘Mamma,’’ roep sy opgewonde, en Bertha le Roux buk gedienstig voor haar kleinding sodat die kleine juffrou die Kerskroon oor haar rooibruin...
Genoeg vir 6 mense. Die bereidingstyd is 12 minute en die gaarmaaktyd is 45 minute.
ARTISJOKKE
6 jong artisjokke
SAMPIOENE
1 klein ui, fyn gekap; 2 knoffelhuisies, fyn gedruk; 250 g mengsel van wilde sampioene soos sjiitake en oester, fyn gekap; 20 ml (4 t) brandewyn (opsioneel); 30 ml elk gekapte vars basilieblare en pietersielie
SUURLEMOENBOTTER
100 g botter; 60 ml (3-4 e)...
Voorblad
Ons het al almal van ’n wit Kersfees gehoor, maar ’n storm wat hael soos sneeu op die grasperk neergooi die dag van Huisgenoot se spesiale Kers-fotosessie met Bertha le Roux en haar gesin, kan nogal jou planne baie deurmekaarkrap! Nie dat dit enigiemand ondergekry het nie, soos die pragtige foto’s van dié besonderse gesin op bl. 18 wys.
Ja, dis tyd vir Kersfees. En ons wou dit vir...
Dit is vroegoggend hier in die vertreklokaal by die Bloemfontein-lughawe en nog ’n goeie halfuur voor my vlug na Kaapstad. Ek vat ’n diep teug aan my sigaret en probeer so nonchalant soos Cruella de Vil lyk.
Ek voel dieselfde ondeunde tinteling, hier reg voor die GEEN ROOK-bordjie, as in gr. 9 toe ek en Nandi Goldschagg ná skool haar ouma se John Player Specials beetgekry het.
Ek kan nie wag...
ROOKSEINE
’n Indiaanse opperhoof in ’n reservaat in Nevada stuur rookseine na ’n groepie van sy mense wat ’n paar kilometer weg is. Skielik is daar ’n geweldige ontploffing. Hy word deur die lug geslinger en beland in ’n sloot 30 m verder. Dis die Amerikaanse weermag wat ’n kernbom getoets het.
Terwyl die opperhoof regop sukkel en voel of hy enige beserings opgedoen het, sien hy die...
’n Valerige outjie poseer ewe selfingenome met ’n rooi Speedo-swembroek in die hand voor ’n winkelspieël. Hy bekyk homself van dié kant, bekyk homself van daai kant. En dan skielik, asof die figuur uit die niet verskyn, troon ’n hemelbesem van ’n man in ’n swart pak bo hom uit.
‘‘What are you doing, Dave?’’ vra die lang man streng. Hy frons, sy oë vol minagting. Hy pluk die stukkie lap uit die...
Renonkelstraat in Toekomsrus 1 op Beaufort-Wes sal nooit weer dieselfde wees nie. Die mense verlang na Lena Nuwegeld se stem en ook na daardie ding wat net sy kon doen met ’n omgekeerde blik.
Dié het die 85-jarige ster van David Kramer se gewilde konsert Karoo Kitaar Blues mos altyd hier voor die huis ingespan as ’n trom. En dan sing sy ’n hond uit ’n bos uit. Vrolik.
Maar nou is...
BREATH deur Tim Winton **** (Picador, R196,95)
Die vreemde dood van ʼn jong seun dompel die paramedikus Bruce Pike terug in sy verlede. As 15-jarige wou hy tog net nie wees soos die ander mense in die klein dorpie nie. So raak hy toe bevriend met Sando, ’n geheimsinnige ouer man wat hom waagbranderry leer doen. Eva, Sando se vrou, word ook sy mentor – maar nie op ’n heeltemal vanpaste manier...
Gefokus, gedrewe, ’n perfeksionis en dalk selfs ’n bietjie vervelig – so het mense Tiger Woods beskryf voor sy lewe so skouspelagtig begin ineenstort het nadat hy in die vroeë oggendure in Florida teen ’n brandkraan vasgery het.
Nou word die gholfspeler wat voorheen as Mr Clean bekendgestaan het op allerhande ander maniere beskryf: narsisties, ’n seksslaaf en beheervraat wat glo gewone reëls...
Dit is amper soos ’n boksgeveg: Die eerste ronde is verby en dis 1-0 in Jurie Els se guns, maar wie weet hoeveel rondes lê nog voor?
Toe die sanger nou die dag in die Pretoriase hooggeregshof vrygespreek is op alle seksaanklagte teen hom, het die stof rondom dié opspraakwekkende aantygings dalk nog lank nie gaan lê nie. Die verhoor oor beweerde onsedelike aanranding en uitlokking van die sanger...
GAY EN VERWARD
Ek weet van kleins af ek is gay, want ek was nog altyd aangetrokke tot mans. Toe ek ouer word, het ek verskeie kerke se traktaatjies gelees en tot die gevolgtrekking gekom die hel is my voorland. Ek het hard ’n ander lewe probeer lei. Soms gaan dit goed, maar meestal is ek depressief. Ek was by ’n sielkundige, wat gesê het ek moet myself aanvaar. Ek wil dit graag doen, maar sê...
Op die bus op pad huis toe vertel die vrou vir haar kêrel: Al die meisies by die werk het ’n foto van hom op hul rekenaarskerm. ‘‘Hy is net eenvoudig gorgeous!’’
Hy kyk so na die foto van Robert Pattinson en vra dan sag en half onseker: ‘‘Dink jy ook so? Het jy ook ’n foto van hom op jou skerm?’’
Ouens, raak maar gewoond daaraan: Jou meisie, suster, jou vrou en dié se niggie sal jou dadelik sê...
Dit was ’n jaar van ekonomiese oppe en affe, maar dis amper verby. Net jammer dis dalk nie Kersvader wat in die feestyd kom kuier nie, maar ’n hele spannetjie onbedagsame kuiermense …
Marike Basson* van Paternoster aan die idilliese Weskus is al klaar effe benoud. Sy’t ’n nare gevoel sy sal weer vanjaar op die nippertjie hoor sy moet bontstaan vir besoekers. Sy is lief vir haar familie,...
Nes elke ander jaar gee mediese fondse weer hul lede aan die einde van hierdie jaar kans om van voordele-opsie te verander. Dis ook wanneer fondse hul nuwe voordele en tariewe bekendmaak, en dit is dus die ideale tyd om te besluit of jy na ’n ander opsie of dalk selfs na ’n nuwe skema wil oorskakel.
As jy van mediese fonds wil verander, is daar meer as 40 in die mark en elkeen met ’n keuse van...
Sy’s nie net ’n oulike mens nie, sy is ook te pragtig en sexy. En Andriëtte Norman het net daai iéts wat die manne – en veral die plaaslike sangers – se knieë keer op keer laat knak.
En nee, dis nie asof Andriëtte haar flikkers vir al wat ’n Adam is gooi nie. Die manne loer vir háár.
Wanneer Afrikaanse musiek se nuwe liefling by ’n vertrek instap, is alle oë op haar gerig. En met haar wulpse...
Hulle het laatmiddag nog grappies gemaak voor hy teen skemer die plaas verlaat het. Die volgende dag moes Deon Hough hoor sy broer, Gawie, is net ure later vermoor.
Gawie (42) se aanvallers het hom dié aand net meer as ’n week gelede in sy plaasopstal naby Roossenekal in Mpumalanga oorrompel en sowat 600 m ver in ’n plaaspad af gesleep. Hier het hulle hom met sy eie vuurwapen in die gesig...
Dit lewer sowat 40 klein blini. Die bereidingtyd is 10 minute en die staantyd 20 minute. Die gaarmaaktyd is 30 minute.
Voorgestelde wyn: ’n rosé soos Goats do Roam
Blini (PLAATKOEKIES): 1 klein houertjie (175 ml) natuurlike jogurt; 2 eiers; 175 ml bruismeel (meet dit in die leë jogurthouer af); ’n knippie sout; ’n bietjie olie.
AFRONDING: 1 pakkie salm of forel; 250 ml (1 k) crème fraîche;...
Die silwer kruis hang soos ’n simbool van ’n nuwe lewe om Robbie Klay se nek. Die donkerkop-sanger vryf daaroor, vou dit in sy hand toe en glimlag. ’n Vriendin het dit ’n paar maande gelede vir hom present gegee en dit herinner hom daagliks aan hoe hy onlangs deur een van die grootste beproewings van sy jong lewe gedra is.
Die 23-jarige sanger vertel hy het die afgelope vyf weke ’n paar keer...
Huisgenoot dié week (uitgawe van 17 Desember 2009)
Voorblad
Hierdie tyd van die jaar begin die nuus gewoonlik maar yl raak, maar daar’s hope heerlike nuusstories in hierdie uitgawe wat julle aan die praat sal hou – en dis nou almal van Kaapstad tot in Kanada. En die klem hier is Kanada, want danksy die wonders van die tegnologie praat Huisgenoters deesdae wêreldwyd saam oor hul...