April 2010
2 posts
March 2010
15 posts
Van 2 Maart af tel die sokkerwêreld die laaste 100 dae na die wêreld se grootste sportgebeurtenis af. Maar daar is ’n gemor oor verblyf wat te duur is, vlugte wat te duur is, pakkette vir oorsese besoekers wat te duur is, kaartjies wat te duur is vir plaaslike entoesiaste …
Heel onlangs het Fifa toe wel besluit om meer goedkoop kaartjies vir Suid-Afrikaners beskikbaar te stel.
Beperkte...
Die nuus swiep deur die wêreld met die spoed van ’n gholfbal: Tiger Woods gaan praat. Uiteindelik – ’n volle 84 dae ná sy veelbesproke botsing teen ’n brandkraan buite sy huis.
Kort ná 18:00 Suid-Afrikaanse tyd op Vrydag 19 Februarie begin hy praat. Toe hy ’n skrale 15 minute later stert tussen die bene deur die swaar, blou gordyne verdwyn, vra miljoene mense dieselfde vraag: Wat was dít nou...
LIEFDESLES
Sy: “Ek kan jou nooit leer liefkry nie, jong.”
Hy: “Wel, dis dan tot daarnatoe. Maar ek is tog spyt, want ons kon dadelik getrou het. Ek het eergister die Lotto gewen.’’
Sy: “Hoe lyk dit met net een les in die liefde?”
SORITHA LABUSCHAGNE, VREDENBURG
LEER SWEM
Meneer: “Piet, kan jy swem?’’
Piet: “Ja, Meneer.’’
Meneer: “Waar het jy geleer?’’
Piet: “In die water, Meneer.’’
...
Dis al weer die ou rympie: Seks is sonde. Of liewer, as jy nie dié en daardie reëls volg nie, dan is seks die ding wat jou in die verderf gaan dompel. Seks, sê die bekende Pretoriase Christen-seksoloog Elmari Craig, behoort binne ’n veilige raamwerk te gebeur, maar vergeet gerus maar daarvan dat een stel reëls binne daardie raamwerk vir almal sou geld.
Dis waarom Elmari se oë gerek het oor wat...
Vir Marietta Theunissen, die blondekop- heldersiende medium wat die program Die Ander Kant op kykNET aanbied, is die bewoners van die lewe ná die dood net so werklik soos diegene wat die strate om haar bewandel. Sy sien hulle en hoor hulle. Of so sê sy …
Ons het laas in 2007 met haar gesels toe sy gehelp het om slagoffers van die berugte ontvoerder Gert van Rooyen te soek. Dit het destyds...
Waarheen is die leier van die ANC se jeugliga, Julius Malema, nou eintlik op pad? Die politieke ontleder, joernalis en skrywer van verskeie boeke Max du Preez gee sy mening:
Een van Julius Malema se adjudante het onlangs vir my gesê Malema sal binne 15 jaar die ANC en die land regeer. Pres. Julius Malema? Die tyd is aan sy kant. Op 3 Maart word hy maar 29 jaar oud. Is Suid-Afrika se Mandela-droom...
OMNIBUS 4 deur Chanette Paul *** (Jasmyn-Uitgewers, R175)
“Ek het jou voorheen liefgehad, maar daarna het my liefde vir jou honderd maal vermenigvuldig.” So staan dit agterop hierdie dikke omnibus. Dis soos ’n belofte aan die leser dat die liefde die middelpunt is van die drie verhale. En so is dit dan ook in Perlemoen-maan, Toorliefde en Fynbos vir ’n Feeks. Die heldinne – Belle, Chantal en...
Party mense noem dit fokus. Hy noem dit ritme. Noem dit wat jy wil – dit is daardie ou ding wat al 20 jaar lank by Okkert Brits (36) ingedril is en reeds in die eerste minute op die Survivor-eiland iets in sy kop laat kliek het.
Hy het oor en oor stil begin tel: een-twee-drie, een-twee-drie, en siedaar! Voor jy kon sê Santa Carolina, was dié oud Olimpiese paalspringer met krat en al oor die...
Toe Hermanus en Anzell Kriel agt jaar gelede met hul twee seuntjies na Nieu-Seeland immigreer, het dié eilandstaat seker na die paradys geklink. Die moordsyfer daar was 50 keer laer as hier …
Maar toe word hul oudste seun op 14 self ’n moordenaar. Theo (nou 16) is skuldig bevind aan moord nadat hy Libby Templeman (15) op 1 November 2008 op die dorpie Kerikeri aangerand het. Theo het erken...
INTERNET EN DEPRESSIE
Mense wat baie op die internet kuier, is meer geneig om simptome van depressie te toon, sê sielkundiges van die Leeds-universiteit in Engeland. Daar is bevind party gebruikers ontwikkel ’n kompulsiewe internetgewoonte en vervang persoonlike kontak met mense met aanlynkletskamers en sosialenetwerk-webtuistes.
Dié verslawing kan ’n ernstige uitwerking op jou geestesgesondheid...
February 2010
68 posts
Vandag was die swaarste dag van haar lewe, en die ellende is nog lank nie verby nie. Susan Lemmer, ma van Cézanne Visser, sit in die Pretoria-Oos-hospitaal, nou amper abnormaal kalm nadat sy vroeër vanmiddag by die hooggeregshof breekpunt bereik het.
Ná nege jaar van foltering waarin Cézanne voor haar oë in ’n seksmisdadiger verander het, het dit vanmiddag alles net een te veel geraak. Wat sê jy...
Hy leun ontspanne agteroor in die stoel, tevrede, soos iemand wat pas iets ouliks reggekry het. ’n Groot glimlag speel oor sy gesig en sy oë vonkel.
Pedrie Wannenburg mag maar soos die kat se snorbaard lyk. Dié Blou Bul-voorspeler het pas slegs die tweede Suid-Afrikaner nog geword wat al in 100 wedstryde vir sy Super14-span uitgedraf het. Die enigste ander, die Sharks se John Smit, het hom boonop...
In ’n onlangse skeisaak het ’n vrou bewys dat haar man besittings net in ’n trust geplaas het om dit teen boedelbelasting en beslaglegging te beskerm. Die bates kon dus steeds as sy persoonlike eiendom beskou word. Die hof het beslis dis slegs ’n skyntrust en sy kon van die bates kry.
Dit illustreer net hoekom dit so belangrik is dat trusts reg geadministreer word. Die meeste mense skep ’n trust...
Die Heinz Winckler wat tuis op sy stoep sit, lyk baie anders as die skaam-onseker jong man wat ons as Idols-wenner leer ken het. Hy is meer volwasse, straal selfvertroue uit en glimlag soos ’n kat wat room gekry het.
Dit kan ook nie anders nie, want vanjaar hou groot dinge vir die aantreklike sanger in. Waar hy verlede jaar maar net die Idols-koning van 2002 was wat later ’n CD opgeneem het, het...
Hier is ’n staatmakerresep vir ’n lekker piesangbrood:
Genoeg vir 2 brode; bereiding: 15-20 minute; baktyd: 25-30 minute.
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel; 5 ml (1 t) bakpoeier; 250 ml (1 k) strooisuiker; 2 ml (½ t) sout; 125 ml (½ k) suurroom; 1 ekstra groot eier, geklits; 5 ml (1 t) koeksoda; 80 ml (⅓ k) sagte botter; 5 ml (1 t) vanieljegeursel; 80 ml (⅓ k) melk; 250 ml (1 k) oorryp...
In hierdie week se uitgawe onthul adv. Barbie se ma deur watter hel sy gegaan het en hoe sy magteloos moes toekyk hoe Dirk Prinsloo haar eens voorbeeldige dogter in ’n seksmonster verander het.
As jy dit nog nie gedoen het nie, besoek ons nuwe webtuiste by www.huisgenoot.com – dit sal jou Huisgenoot-plesier net nog groter maak! Wilmer Müller is onlangs as ons webredakteur aangestel. Hy het hope...
Dit was soos ’n Aspoestertjie-verhaal: die brandarm, doofstom egpaar wat in ’n agterplaas in ’n tuinhuisie bly en skielik Suid-Afrika se rykste kitsmiljoenêrs word toe hulle R91 miljoen in die Powerball-loting losslaan.
En toe, op dag vier van die feëverhaal, stort dit in duie. Dit was net ’n bedrogspul. Stanley Philander het sy kaartjie die dag ná die loting gaan koop, glo om op grond van sy...
Haar “maatjies’’ woon almal in ’n ander wêreld genaamd Calalini waar die kwik soms tot 200 °C styg. Jani Schofield hou ’n skets van ’n kat omhoog. Sy naam is 400, sê sy.
Dit is dié kat, bieg Jani, en ’n rot genaamd Wednesday en ’n meisietjie met die naam 24 Hours, wat vir haar sê sy moet haar mamma, pappa en boetie seermaak. Sy is net sewe jaar oud, maar skisofrenie hou haar te dikwels...
Hier is ’n staatmakerresep vir ’n lekker piesangbrood:
Genoeg vir 2 brode; bereiding: 15-20 minute; baktyd: 25-30 minute.
KOEK
500 ml (2 k) koekmeel; 5 ml (1 t) bakpoeier; 250 ml (1 k) strooisuiker; 2 ml (½ t) sout; 125 ml (½ k) suurroom; 1 ekstra groot eier, geklits; 5 ml (1 t) koeksoda; 80 ml (⅓ k) sagte botter; 5 ml (1 t) vanieljegeursel; 80 ml (⅓ k) melk; 250 ml (1 k) oorryp...
KOELKAS
V: Raai, raai hoekom speel Koos met ’n jas aan rugby?
A: Ingeval hy koelkas toe gestuur word.
SORITHA LABUSCHAGNE, VREDENBURG
DOMSTE MAN
Hy: “By wie dink jy sal die poskantoor ’n brief aflewer as ek dit rig aan die domste man in die land?”
Sy: “Hulle sal dit stuur aan: Terug na afsender!”
SORITHA LABUSCHAGNE, VREDENBURG
NES SY PA
Die juffrou skryf ’n briefie: “Jannie is slim, maar...
KONDENSMELK deur Christien Neser *** (Lapa-Uitgewers; R80)
Elle hou saam met haar ma-hulle vakansie in Botswana. Behalwe, sy noem dit nie vakansie nie, want daar is geen selfoonontvangs nie, sy haat sand in haar plakkies en die twee seuns van haar ouers se vriende is “walglike chauviniste” met ’n “plattelandse arrogansie”.
“Hulle is pynlik retro, iets uit ’n soetsappige 50’s comic,” is min of...
Bekendes wat dit nie maklik gehad het nieSelfs die suksesvolste mense moes êrens begin, dikwels met net ’n droom.
CHRISTINA AGUILERA
Christina se pa het haar, haar ma en suster fisiek mishandel en die polisie moes dikwels ingryp as die huishoudelike rusies handuit geruk het. Sy is ook op skool geterg omdat sy in plaaslike talentkompetisies gesing het. Nou laat haar CD’s miljoene inrol.
JIM...
Sy is die ster van die boeiende nuwe drama The Lovely Bones wat nou in fliekteaters draai. Lees meer oor die opkomende Ierse aktrise Saoirse Ronan.
Haar pa, Paul Ronan, is ’n akteur en toe die 15-jarige Saoirse jonger was, het hy haar saamgeneem na rolprentstelle soos dié van The Devil’s Own, waarin Brad Pitt ook gespeel het.
Jy sal haar dalk onthou as Briony Tallis wat in 2007 teenoor Keira...
Die hitte van 43 °C sidder op die teer van die N2 van Kaapstad op pad Oos-Kaap toe. “Die Tuinroete is aan die verlep,” merk ’n mede-reisiger by die vulstasie by die Stormsrivierbrug op. “Een van die dae skuif die Karoo van agter die berg af hierheen.”
Die ergste in menseheugenis – so beleef inwoners die droogte in die Suid-Kaap. In rampgebiede soos Mosselbaai, George, Knysna en...
VERLANG NA HAAR KIND SE PA
Ek is ’n 25-jarige enkelma van twee seuntjies van vyf en ses jaar oud. Hulle het nie dieselfde pa nie. Albei pa’s het my gedurende my swangerskappe bedrieg en ek het die verhoudings beëindig. Ná my jongste seuntjie se geboorte het ek al twee pa’s weer ’n kans gegee, maar dit het nie uitgewerk nie.
Ek het geen kontak met die pa’s nie en voorsien self in my kinders se...
ALEXA OP DIE PLANKE
Die Kamp Dit Uit-aanbieder Alexa Strachan het besluit om eers die televisie vir die verhoog te verruil. Ná die laaste opname van dié kykNET-reeks het sy aan Vergenoeg, ’n nuwe musiekteaterproduksie, begin werk wat by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn te sien sal wees. ‘‘Ek werk saam met Sandra Prinsloo en Milan Murray, en ons begin oor twee weke met...
Gretha Wiid is die toonbeeld van ’n moderne, modieuse vrou. En manlief Francois pas perfek aan haar sy met sy gejelde hare en bonkige juweliersware.
Sy skroom nie om woorde soos seks, masturbasie en orgasme te gebruik nie – sy verdien immers haar brood met praatjies, met handleidings wat sy oor seksopvoeding skryf en met die verkoop van DVD’s oor onder meer die huwelik. Maar Gretha is...
Dit is net voor vyfuur op ’n Dinsdagoggend en Karel de Haas is op pad na sy werk op Ingogo in KwaZulu-Natal. Hy het diesel gaan ingooi toe ’n werker nader storm en sê die huis op die hoewe oorkant die grootpad is aan die brand.
Oomblikke later staan Karel (29) versteen in ongeloof voor die Hope in Christ Mission se plek van veiligheid. Vlamme lek by die sitkamer- en kombuisvensters uit. ’n Vrou...
Daar is baie soorte trusts, soos liefdadigheids-, sake-, sambreel- en voogdytrusts. Die twee bekendstes is familie- en testamentêre trusts. Eersgenoemde, ook bekend as inter vivos-trusts, word gestig as die persoon wat bates soos eiendom of geld in ’n trust wil plaas, nog lewe, terwyl laasgenoemde eers in werking tree nadat hy gesterf het.
Bates wat in ’n familietrust geplaas word, is gewoonlik...
Dis die première in Los Angeles van Invictus. In ’n limousine sit sewe jong mans. Hulle hou langs die rooi tapyt stil, en met die oopswaai van die deure is dit net kameras wat flits.
Dan klink ’n bekende wysie op. Dis hul stemme! Die woorde van die liedjie 9 000 Days bring ’n skielike kalmte.
Die liedjie is van die klankbaan van Invictus, trefferfliek oor Madiba en die...
Die mannetjie is skaars ses weke oud, maar Jak de Priester is oortuig daarvan dat hy reeds versot is op musiek. En geen wonder nie, want klein Jamie het met musiek in sy ma se maag gegroei en met musiek in die wêreld gekom.
Tydens haar swangerskap het dié gewilde Afrikaanse sanger se vrou, Michelle, van hul gunsteling-liedjies op haar iPod gelaai en byna daagliks die oorfone teen haar maag gedruk...
Zef verby. Dis hulle – en dis wat hulle nou kits-kultusstatus besorg het tot in Engeland, Europa en Amerika.
Die Antwoord het nog nie ’n enkele CD verkoop nie, die meeste Afrikaanse musiekmense het nog nooit van hulle gehoor nie en Afrikaanse musiekliefhebbers nog minder. Tog het hulle oornag ’n fenomeen geword – ’n kletsrymtrio wie se musiek soos ’n virale infeksie oor die internet versprei.
...
Mense koop dikwels nievoorskrif-dieetpille om van die ekstra vetjies ontslae te raak, hoewel hulle geen waarborg het dat dit veilig is nie. Die Medisynebeheerraad het pas die verkope van Simply Slim verbied nadat bevind is dat dit hoë dosisse sibutramien bevat, ’n skedule 5-stimulant en eetlusdemper wat net onder dokterstoesig gebruik mag word.
Daar was in die media tientalle klagtes van...
Daar is nog werklik goeie mense in hierdie wêreld. En in ’n land waar ons so vinnig op die negatiewe fokus, is dit goed om dit te onthou. Dié week bring ons hulde aan so ’n vrou, iemand van wie niemand eens geweet het tot ’n tragedie haar lewe beëindig het nie.
Sarah Holland is een van daardie mense wat op haar stil, klein manier van Suid-Afrika ’n beter plek gemaak het. Sy was ’n...
Dié heerlike quiche het ’n spesifieke olyfsmaak, maar die soet rooiuie balanseer dit lekker. Dis genoeg vir 4-6 mense. Die bereidingstyd is 15 minute, staantyd 30 minute en gaarmaaktyd 45-60 minute.
DEEG: 200 g koekmeel; 5 ml (1 t) sout; 100 g botter, in blokkies gesny; 30-40 ml yswater. VULSEL: ’n bietjie olie; 2 rooiuie, fyn gekap; 2 knoffelhuisies, fyn gekap; sout en vars...
Sy lyk soos enige ander kleuter toe sy glimlaggend voor hul huis in Jodhpur, Indië, vir die kamera poseer. Dis net wanneer Lakshmi Tatma stap dat jy agterkom haar bene is nogal ver van mekaar af en sy is effe onvas op haar voete.
Twee jaar gelede nog was Lakshmi, toe twee jaar oud, wêreldwyd bekend as die seekatmeisie. Die meisie met vier bene en vier arms word deur baie van haar landgenote as ’n...
Zef verby. Dis hulle – en dis wat hulle nou kits-kultusstatus besorg het tot in Engeland, Europa en Amerika.
Die Antwoord het nog nie ’n enkele CD verkoop nie, die meeste Afrikaanse musiekmense het nog nooit van hulle gehoor nie en Afrikaanse musiekliefhebbers nog minder. Tog het hulle oornag ’n fenomeen geword – ’n kletsrymtrio wie se musiek soos ’n virale infeksie oor die internet versprei.
...
NOMMERPLAAT
Koos ry sonder ’n nommerplaat en word voorgekeer.
Verkeersbeampte: ‘‘U het nie ’n nommerplaat nie.’’
Koos: ‘‘Dan moes hy afgeval het, want toe ek by die huis weg is, was hy nog daar.’’
Verkeersbeampte: ‘‘Ek sal u nou twee keuses gee. Die eerste is dat u my R200 (dis minder as die helfte van wat die boete normaalweg is) betaal en die tweede is dat u terugloop, die nommerplaat vind...
Sy ma het ’n maand ná sy geboorte gesterf, sy pa drie maande later in die aardbewing in Haïti, en sy familie was nie lus vir die vyf maande oue babaseun wat nou ook nog op die vloer van hul modderhut moet slaap nie. Toe besluit hulle om hom te verkoop. Hy was ’n goeie kopie, het hulle gemeen – ’n weeskind met mooi blou oë …
Hulle het Roudy oorhandig aan Yis Guerson, ’n onderwyser van...
SOMERSNEEU deur Helene de Kock ***** (Human & Rousseau, R175)
Met die byna 40 boeke wat Helene de Kock in die afgelope meer as 30 jaar geskryf het, het sy, soos die cliché lui, “diep in lesers se harte gekruip”. En soos die meeste clichés is dit die waarheid. Miskien is Helene se geheim dat sy nie haar lesers onderskat deur te aanvaar die liefdesverhale moet noodwendig in die Mills &...
Die hitte van 43 °C sidder op die teer van die N2 van Kaapstad op pad Oos-Kaap toe. “Die Tuinroete is aan die verlep,” merk ’n mede-reisiger by die vulstasie by die Stormsrivierbrug op. “Een van die dae skuif die Karoo van agter die berg af hierheen.”
Die ergste in menseheugenis – so beleef inwoners die droogte in die Suid-Kaap. In rampgebiede soos Mosselbaai, George, Knysna en...