Van 2 Maart af tel die sokkerwêreld die laaste 100 dae na die wêreld se grootste sportgebeurtenis af. Maar daar is ’n gemor oor verblyf wat te duur is, vlugte wat te duur is, pakkette vir oorsese besoekers wat te duur is, kaartjies wat te duur is vir plaaslike entoesiaste …
Heel onlangs het Fifa toe wel besluit om meer goedkoop kaartjies vir Suid-Afrikaners beskikbaar te stel.
Beperkte geld, duur vlugte, buitensporige hoteltariewe, moeilike binnelandse vervoer, onsekerheid oor…
Die nuus swiep deur die wêreld met die spoed van ’n gholfbal: Tiger Woods gaan praat. Uiteindelik – ’n volle 84 dae ná sy veelbesproke botsing teen ’n brandkraan buite sy huis.
Kort ná 18:00 Suid-Afrikaanse tyd op Vrydag 19 Februarie begin hy praat. Toe hy ’n skrale 15 minute later stert tussen die bene deur die swaar, blou gordyne verdwyn, vra miljoene mense dieselfde vraag: Wat was dít nou eintlik?
Tiger het beslis die regte geluide gemaak: ‘‘Ek was ontrou. Ek het affairs gehad….
LIEFDESLES
Sy: “Ek kan jou nooit leer liefkry nie, jong.”
Hy: “Wel, dis dan tot daarnatoe. Maar ek is tog spyt, want ons kon dadelik getrou het. Ek het eergister die Lotto gewen.’’
Sy: “Hoe lyk dit met net een les in die liefde?”
SORITHA LABUSCHAGNE, VREDENBURG
LEER SWEM
Meneer: “Piet, kan jy swem?’’
Piet: “Ja, Meneer.’’
Meneer: “Waar het jy geleer?’’
Piet: “In die water, Meneer.’’
STOFSUIG
V: Wat doen die dom blondine in die woestyn?
A: Sy stofsuig!
MAG TROU
Twee…
